Aleit on DeKat TV - Sunday 19 Augustus 2012

Be sure to tune into DEKATv, Sunday 19 August 2012 at 18:00

 
DEKATv - Sondag
19 Augustus 2012
 
 
Kom reis, kuier en beleef talle avonture saam met DEKATv, eerskomende Sondag om 18:00, op kykNET.

Gerard Scholtz gesels met Deon Herselman oor die ryk geskiedenis van Pierneef se Johannesburg-stasiepanele in die Rupert-museum in Stellenbosch. 'n DEKAT-voorbladsessie saam met Willem Boshoff, sorg vir 'n ongewone en onvergeetlike ervaring. Aleit Swanepoel kuier by die Bastille-fees in Franschhoek. Daar word gesels met Gottfried Mocke, 'n voormalige Diners Club Wynmaker van die Jaar-wenner en sjef Chantall Dartnall wys hoe om 'n heerlike sjokolademousse te maak.

Kunstenaar, druïde, eikeboom. Die dinge waaraan hy veronderstel is om te behoort, het hy nie gekies nie. Soos Suid-Afrikaanse burgerskap en ABSA-bank. Willem Boshoff wil aan niks gebonde wees nie, maar eerder loop waar niemand loop nie, skryf Melanie Tait. "Ek behoort nie aan 'n spesifieke politieke party, geloof of kerk nie. Ek behoort nie aan enige klub of instansie nie. As kunstenaar behoort ek aan geen kunsgalery nie. Elke uitstalling en projek word van nuuts af beplan en heroorweeg. Dit laat my ook net soveel vryheid om my rug, na behoorlike nadenke, op enige en alle doen en late te keer soos ek gelei voel. Ek behoort aan geen nasie of volk nie. Dit is 'n vals aanmaning en veroorsaak te maklik oordrewe lojaliteite en onenigheid en self oorlog. "Buite vleg ons deur potte en potte vol plante en bome. Hy noem elkeen by sy Latyn se naam. Ek onthou die Afrikaanse name: Tambotie, melkbos, maroela, wisteria, skulpblombos, besembos … en in die middel van almal staan 'n tipiese Boshoff-kunswerk – vier individuele braairoosters wat die naam BUSH spel. "Wanneer ons vleisbraai dan is dit die burning bush, en dan onthou ons Irak."
Onthou die nuwe "groen" DEKAT is op die rak met gratis geskenkpapier, gemaak van bamboes, daarin!
 
Gerard besoek Pierneef se Johannesburg-stasiepanele in die Rupert Museum.
 
 Sjef Chantall maak heerlike sjokolademousse.
 
Aleit Swanepoel kuier by die Bastille-fees in Franschhoek.

DEKATv - Sunday 19 August 2012
 
Be part of the DEKATv adventure, this Sunday at 18:00 on kykNET.
Gerard Scholtz talks with Deon Herselman about the history of Pierneef's Johannesburg station panels now in the Rupert Museum, Stellenbosch. A DEKAT cover page session with Willem Boshoff proves to be an unforgettable experience and Aleit Swanepoel visits the Bastille Festival in Franschhoek. We meet Gottfried Mocke, a former Diners Club Winemaker of the Year, and chef Chantall Dartnall shows us how to make a delicious chocolate mousse.
Remember: the new "green" DEKAT is on the shelves and comes with a free sheet of bamboo paper!


Kuier verder by www.dekat.co.za
Rate this item
(0 votes)
Read 609 times Last modified on Friday, 17 August 2012 10:00